Basics First
BOU OP 'N GESONDE BASIS
BUILD ON A HEALTHY FOUNDATION
[Eksamen stres: 3 opsies] [Artikel: Wiskunde angs] [Flyer: Test anxiety] [Pamflet: Studie-angs] [Pamflet: Studiemetodes] [Video: Studie-angs (13MB)]
Easy info
Wiskunde en wetenskap
Toets-angs en mentorskap
Maths and Science
Test anxiety and mentoring
Eksamen Stres - watter opsie?

Opsie 1: Jou tipiese ontspanningsoefeninge

Kies die opsie as: Jou kind/student is net senuweeagtig omdat dit eksamentyd is.
Dit is: Dieselfde tipiese tegnieke as wat jy by die meeste ander praktisyns gaan aanleer.
Dit behels: In een uur leer jou kind/student die basiese ontspanningstegnieke wat mens help ontspan indien jy senuweeagtig is tydens toetse/eksamens.
Dit help vir: Die meeste kinders en studente wat maar net senuweeagtig is omdat dit toets- of eksamentyd is.
Dit kos: Vir een kind R550, vir twee kinders gelyktydig R660 en vir drie kinders gelyktydig R770.

Opsie 2: Help dringend asseblief!

Kies die opsie as: Jou kind/student is chronies angstig tydens toetse of eksamens, en/of punte is noemenswaardig laer as wat dit behoort te wees, maar daar is nie nou tyd vir die volledige program nie. Jy is wel van plan om die volledige program af te handel in die komende maande.
Moet nie hierdie opsie kies as jy nie die hele program gaan volg nie, want dit fokus daarop om net tydelik simptome van die angs te verlig.
Dit is: 'n Dringende ingreep om net tydens die komende eksamen minder te stres.
Dit behels: In twee ure is daar 'n vinnige evaluasie, 'n intense ontspanningsproses, leer 'n paar basiese ontspanningstegnieke aan, en kry raad oor hoe om die komende toets/eksamen anders te hanteer.
Dit help om: Nou tyd te koop, deur die komende eksamen te kom, en later iets aan die chroniese angs te doen.
Dit kos: R1100 vir die twee ure.
Opsie 3: Volledige toets-angs en wiskunde angs programme

Kies die opsie as:
Jou kind/student is chronies angstig tydens toetse of eksamens, en/of punte is noemenswaardig laer as waartoe hy/sy in staat is.
Dit is: 'n Gespesialiseerde program om die angs aan te spreek.
Dit behels: Meestal ses ure se afsprake - gewoonlik een uur minder indien die dringende ingreep in Opsie 2 onlangs gemaak was. Dit sluit in: 'n deeglike evaluasie, identifisering van sy/haar snellers vir die angs, hantering van die snellers en tegnieke om dit in die toekoms self te hanteer, tegnieke om toets skryf minder stresvol te maak, en vinnige identifisering van die moontlike rol van sy/haar studiemetodes in die punte en angstigheid.
Dit help om: Toets/eksamen angs, wiskunde angs heeltemal te hanteer.
Dit kos: R550 per uur.
Kyk na hierdie bladsy, of lees hierdie pamflet oor die volledige program.