Basics First
BOU OP 'N GESONDE BASIS
BUILD ON A HEALTHY FOUNDATION
[Eksamen stres: 3 opsies] [Artikel: Wiskunde angs] [Flyer: Test anxiety] [Pamflet: Studie-angs] [Pamflet: Studiemetodes] [Video: Studie-angs (13MB)]
Easy info
Wiskunde en wetenskap
Toets-angs en mentorskap
Maths and Science
Test anxiety and mentoring
Ekstra wiskunde en wetenskap klasse vir graad 10 en graad 11 leerders

Die klasse is bedoel vir die gemiddelde leerling wat hulp nodig het om deur te kom, of wat gemiddeld presteer maar eintlik die potensiaal het om 60% of 70% te behaal

Basics First het opening vir wiskunde en wetenskap ekstra klasse, vir graad 11. ʼn Maksimum van 6 leerders per klas word ingeneem. Die grad 11 klasse word behartig deur Dr Lorna Geer, wat vir 10 jaar die wetenskap onderwyser was by Afrikaans Hoër Meisieskool.

Skedule: Dinsdag (gr 11)
Dinsdae
14:45 - 16:00: Graad 11 Wiskunde
16:15 - 17:30: Graad 11 Wetenskap
Fokus: Die gemiddelde leerling wat onderpresteer
Hierdie klasse is klein (maksimum 6 leerders) sodat die fokus kan bly op leerders wat gemiddeld en onder gemiddeld presteer, en nie by hulle potensiaal uitkom nie. Leerders wat reeds naby aan onderskeidings behaal en hulle punte nog verder wil verbeter, sal gefrustreer word.
Koste: R550 per maand, maandeliks vooruitbetaalbaar, vir die Wiskunde klasse en R550 per maand vir die Wetenskap klasse - Februarie tot en met Oktober (9 maande). ʼn Eenmalige registrasiefooi van R300 per vak/klas is saam met die eerste maand se fooi betaalbaar, en sluit die werkboek met vrae en antwoorde in. Daar word verwag dat die ouer die leerder vir die volle 9-maande periode sal verbind.
Waar? Sonja Straat 161, Doringkloof, Centurion. Maklik bereikbaar vanaf die N1, Bothalaan, Jeanlaan en John Vorsterlaan. Sien die kaart hier.
Navrae: Stuur asb. ʼn epos na navrae@basicsfirst.co.za of skakel Jan by 071 671 9363.


Na voltooiing van ʼn registrasievorm sal u rekening voorberei en aan u gestuur word per epos. Die rekening sal volle besonderhede vir elektroniese betalings insluit.