Basics First
BOU OP 'N GESONDE BASIS
BUILD ON A HEALTHY FOUNDATION
[Eksamen stres: 3 opsies] [Artikel: Wiskunde angs] [Flyer: Test anxiety] [Pamflet: Studie-angs] [Pamflet: Studiemetodes] [Video: Studie-angs (13MB)]
Easy info
Wiskunde en wetenskap
Toets-angs en mentorskap
Maths and Science
Test anxiety and mentoring
Toets/ eksamen angs

Wat is eksamen- of toetsangs?

Dit is 'n fisiese, intellektuele en emosionele reaksie op die druk wat iemand tydens 'n eksamen of toets ervaar. Dit laat 'n leerder verward voel, vashaak en dikwels selfs heeltemal toeslaan. Gevolglik doen die leerder beduidend swakker as sy/haar normale potensiaal, selfs al het hy/sy goed voorberei.

Ons program kan help deur die angs te identifiseer, tegnieke aan te leer om dit in die toekoms te herken, oorkom en dadelik te herstel van die verlammende effek daarvan sodat hulle dan met die eksamen/toets te kan voortgaan.

Het my kind eksamen- of toetsangs?
Indien hy/sy van die volgende simptome ervaar, is eksamen-/ toetsangs waarskynlik die oorsaak:
Doen skielik swakker as voorheen
Doen onverklaarbaar swakker in wiskunde, wetenskap of rekeningkunde as ander vakke
Verstaan die meeste werk, maar kan tydens 'n toets of eksamen skielik nie onthou nie
Ervaar fisiese simptome soos asem en/of hartklop wat jaag, sweterigheid, koue of natgeswete hande, hande wat bewe tydens toetse en/of eksamens

Eksamen-/toetsangs verhoed kinders om na hulle potensiaal te presteer, dikwels ten spyte van ekstra klasse en/of goeie voorbereiding.

Meer oor eksamen-/toetsangs
Dit is 'n fisiese, intellektuele en emosionele angsreaksie wanneer die leerder druk ervaar, wat die leerder lamlê en keer om na sy/haar potensiaal te presteer.

Dit maak nie saak of die angs volgens 'n objektiewe waarnemer geregverdig is of nie - dit het steeds die effek om die leerder fisies, intellektueel en emosioneel lam te lê wanneer hy/sy onder druk verkeer.

Druk kan byvoorbeeld kom van:
Sy/haar vrees om weer swak te doen
Negatiewe assosiasies met die vak (bv. vorige swak uitslae, onaangename herinneringe soos voorvalle of konflik met familie, onderwysers of ander leerders, of selfs assosiasies met oënskynlik onverwante ervarings)
Slegte verwagtings (om watter rede ook al, en dit kan op werklikheid of op subjektiewe en negatiewe persepsies gebaseer wees)
Werklike, eksterne druk of persoonlik geskepte druk
Emosionele reaksie op sy/haar assosiasies met die vak, soos die besef dat 'n goeie uitkoms in die vak belangrik is

Wat doen Basics First se eksamen/toetsangs program?
Identifiseer die snellers wat die leerder se angs "aanskakel"
Die leerder leer tegnieke om die snellers te herken, te hanteer en so die angs te voorkom
Die leerder leer tegnieke om tydens 'n toets/eksamen van 'n vries of "blank" te herstel en angsvry voort te gaan
Die leerder leer hoe om vraestelle te hanteer en al die punte wat binne sy/haar bereik is, in te samel
Indien nodig - hersien huidige studiemetodes vir die vak om moontlike geleenthede vir verbetering te identifiseer

Hierdie is 'n program wat met die spesifieke leerder as individu werk (nie in groepe nie), en tipies in ses na sewe sessies afhandel.

Na 'n suksesvolle program is die leerder meer selfversekerd, meer ontspanne, meer gemotiveerd en toegerus om sy/haar angs snellers te herken en hanteer voor dit 'n toets ontspoor, en ook om te herstel indien hy/sy die spreekwoordelike "blank" sou oorkom tydens 'n eksamen/toets.